Naturalisme (toneelkuns)

Naturalisme is 'n stylvorm van teater wat ontstaan het tussen 1880 tot 1930 in Europa. Dit is 'n genre wat poog om die lewe so na as moontlik aan realiteit op die verhoog na te maak.

Daar is sekere teater-konvensies gebruik soos histories korrekte kostuums, 'n natuurlike speelstyl en daar is selfs, in sekere gevalle, by die ware tydsverloop van gebeure gehou. Hierdie styl ontwikkel uit die realisme, maar is 'n meer intense vorm daarvan in die dramatiese kunste.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy